So, daar was vandag n opvolg op verlede week se fisio afspraak. Die keer is daar niemand voor my in die ry by die file kantoor nie en ek is flink flink 20 minute vroeg vir my afspraak.
Ek raak liggies opgewonde toe ek 2 kussings op die martel-bedjie sien. Die kussings verdwyn en ek beland weer met my gesig in die suspiciously shaped moontlik-nie-vir-die-gesig bedoelde spleet… Die dame met die kneukels se hande is n paar grade warmer maar steeds ferm.
Hierdie keer is daar geen naalde betrokke nie maar die knop soekery begin heelwat hoër teen my rug op. Dit is n vryf-en-knie prosedure teen my rugstringe op en af, op en af. Sy squeeze n knop soos n suinige man n muntstuk. My neus loop en my oë traan. Dit voel of my persoonlikheid gekneus word.
Sy vind n spesifieke baie teer punt op my rug. Ek dink dis die hoekie waar al die spiere bymekaar kom, n bespreking hou van waar hulle volgende keer in nuwe knoppe kan uitslaan sodat die dame hulle kan uitmergel.
Twee ure later is daar geen ongemak in my rug nie, geen pyn nie. Dit voel soos n splinternuwe rug. Uhm, vanaand toe voel ek die nodigheid vir n warmwatersak op die aangetasde dele.
Ek kan al amper n zumba klas op die horison van my toekoms sien glim. Daar is nog n opvolg vir volgende week.