Nood is nood

Eenkeer op pad PE toe stop ons vinnig by Nanaga padstal. Op pad terug kar toe stap ons by die kleedkamers verby. Daar staan n fris jong man en stamp-stamp so aan die kleedkamer deur. Aan die uitdrukking op sy gesig kan jy sommer sien hy is nie daar vir die vars roosterkoeke nie. Die ou is in die knyp! Jaco sê vir hom “jy moet R1 ingooi by die masjien langs die deur. Soektog deur die broeksakke… geen beursie of kontant.

Soos enige betaamlike vrou loop ek met Jaco se beursie in my hand (is daar n ander manier?)… Jaco sê toe ek moet die die outjie n rand gee. So met die verplaas van die muntstuk van palm tot palm smile ek mooi breed en sê vir hom “daarsy, ek stick jou vir n piepie!”