So rukkie gelede gaan soek ek onderklere…. n hopelose saak. Die soort wat ek gewoonlik koop is al n geruime tyd nie meer beskikbaar nie en die hopie in my laai raak gevaarlik uitgedun.
Half vies vra ek vir die verkoopsdame wat dan aan die gang is. Skouerophalend sê sy dat die winkel seker maar nie die verskaffers betaal nie.
Sugtend gaan soek ek n alternatief en die naaste aan aanvaarbaar is toe “high cut”. iets wat ek op skool laas gedra het. Dit moet maar doen. Dis n gaval van nie my beste nie maar my enigste!
Die snit is van so aard dat ek dit omtrent oor my heupe moet haak…. so, soggens haak ek my masker oor my ore en my broekie oor my heupe… baie veilig, ne.
Toe ek my aankope mooi bekyk sien ek dat buiten die girly strikkie hier in die omgewing van my naeltjie daar ook op elkeen n “inspirational” sinnetjie getik is…. Girl Power… Friday Vibes en my persoonlike gunsteling… NO drama, please.
Added bonus, elke oggend kan Liefie die boodskappie van die dag lees… fortune cookie!!! Dis n bargain.